-Toesprake-

Hello almal. Die doel van hierdie inskrywe is vir my om kop te hou. Ek het werksgroepe, universiteitsgroepe, studiegroepe en nog sport ook. Ek mute meeste van die tyd my Whatsapp en is bang ek mis iemand se boodskap. Ek waardeer en geniet die skryf van die toesprake meer as wat julle dink. Skryf is my stokperdjie en hierdie dwing my bietjie om af te skakel en tyd te spandeer aan iets wat ek van hou. Die ekstra geldjies help ook vir studies en handboeke:) So dankie vir almal wat dit ondersteun! My toesprake is nie perfek nie en my Afrikaans is n aansienlike hoër standaard as my Engels maar ek sal nooit iets stuur wat ek voel nie die onkoste daarvan werd is nie en indien iemand ooit ontevrede voel met n toespraak, speak up (soos my ma sou sê) – dan skryf ek dit teen my onkoste oor.🌼 As jy – leser – weet van iemand wat hierby kan baat, laat die nuus loop. Ek hap nou bubbles – heeltemal te veel om te sê maar, hou vas hier kom nog🙈 Die afdeling van die blad is net vir redenaars, klastoesprake (eng & afr) en taakhulp. Ek mag ongelukkig nie take of ‘presentations’ namens enige leerder doen nie, maar ek is meer as bereid om te help met bronne, uitleg en dalk net n ekstra oog of opinie:) Ek sal dié platvorm gebruik om datums deur te gee wanneer ek beskikbaar/nie beskikbaar is vir skryf. Ek probeer gewoonlik die skryfwerk voor eksamens afhandel. Ek is deel van n ATKV skole-groepie so vir diè wat hulle klastoesprake deurvat na redenaars rondtes, sal ek alle inligting vroegtydig deurgee soos ek dit ontvang:) Ek skryf baie toesprake en elke jaar kom nuwe mammas by. Mense wat ek nie ken nie en op grond van vertroue alleen, skryf en hoop om wel betaling te ontvang. Ek verwag nie betaling voor die tyd nie en volg ook nie sommer op met betalings nie daarom wil ek net vra dat betalings wel gebeur wanneer toesprake ontvang is.🌼 As jy van my skryfstyl hou – bestel n toespraak. Meeste mense wat by my toesprake bestel, bestel weer… Indien jy onseker is of ek die regte bron is, maak gerus van my ‘Toespraak terugvoer’- skakel gebruik. Laastens, ek is nie letterkundig gekwalifiseer nie – ek het wel n groot liefde vir letterkunde en hoërskool taaltrofeë en boekpryse wat dit bewerkstellig maar dit is al. My toesprake voldoen aan ATKV standaarde. Dit is egter nie perfek nie en is nie ‘n sekere simbool of klaspunt gewaarborg, maar gee vir my en Woorde Wereld n kans – ons kan!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *