Gedigte

(Hoër)ison

Ek wil elke dag vir die vyf-uur son sit en frons
terwyl hy in die takke van hierdie bome kom vassit.
Ek wil die melkweg shutter
sodat daar genoeg shooting stars is
vir al die wense wat die kinders op Aarde voor bid.

Ek wil elke aand wonder
wat die man op die maan aanvang
en of ek ook leef in sy kop.
Ek wil al die ek-wou-nogs in ‘n omgeploegde land plant
en hoop die oomblikke kom op.

Ek wil die bosveld se verste hoeke omkeer
en my sand onder my vingernaels voel
om die begin van die horison uit te grou
maar dit alles klink boring
as ek dit moet doen sonder jou.
(c)
j.s.s
2021.05.08


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *