• Nog

    Protected:

    This content is password protected. To view it please enter your password below:

  • Gedigte

    Daar is engele daarbo wat ons bless

    As ek net meer kon droom
    sou ek jou blindelings dalk nader kon kry
    of dit wat ek van jou onthou
    terug hede toe bring,
    want hel jy was ‘n pel duisend.

    Ons het nie nodig gehad om gereeld te kuier
    om die waarde van ons vriendskap te ken nie.
    ‘n Happy Birthday en Merry Christmas was genoeg.
    Op sestien wou ons net vlieg,
    op drie-en-twintig kon ons nie grond vat nie.
    Jyt gebrag en gesê sewe jare raak gou sewentig,
    maar gou en glad nie voel nou te gelyk.

    Nou en dan jou chords van ‘n Robbie Wessels song vir my gestuur,
    net sodat ek weet jyt nog nie ophou kitaar speel nie.

    Vandag is dit so kersfees soos dit kan wees sonder jou boodskap
    en ek wonder of jy weet wat my birthday wishes vir jou gaan wees
    as my boodskap se merkies grys bly.
    Vertel vir my weer,
    hoe kry (even distant) vriende so seer
    en hoe beplan mens om vir iemand wat jou ouderdom is,
    te moet bye sê by ‘n graf?

    As ek net weer kan glo
    ‘time heals’…
    maar Remi is sonder sy apie
    ek is sonder jou
    die Suiderkruis skyn skeef
    en memories
    kan
    jy
    nie
    frame
    nie

    al droom jy met jou oë wawyd oop.

    As jy hierdie kan lees hoop ek jy smile,
    want vanaand het Robbie sy kitaar gespeel
    asof hy namens jou vir my Merry Christmas wou sê
    al dink jy ek het myself net weer verbeel.

    ©
    j.s.s
    21.12.25