• Gedigte

    Mens

    Liewe …jy. Ek sit vandag en dink aan hoe jy sukkel om jou hemp se knope om jou polse vas te maak, hoe jy eers op die laaste deel van die liedjie op die radio sal begin saamsing en hoe jy nie kan besluit aan watter kant van jou kop jou sypaadjie die beste lyk nie. Ek sit en wonder of jy vandag met of sonder daardie vakansie armband werk toe is en of jy onthou het om jou kar se ligte af te sit na jy parkeer het.

    My liefste mens, ek sit en dink aan ons anniversary vakansie waarop ons vergéét het dat dit ons anniversary is. Ek onthou hoe jy my op die strand afgeneem het en hoe baie i love you’s ons daardie naweek uitgeruil het. Ek wens ek kon my oë toemaak en weer my hand in joune sit terwyl ons op en af op Jeffrey’s se strand loop en praat oor gebroke kuslyne en vyfjaar doelwitte. Dis jy! Jy wat sê jy mens lekkerder as ek in die omtrek is en dat daar spasie op jou skouers is vir die tonne bagasie wat ek dra. Jy sê jy weet dat jy sonder my kan oorleef maar nie sonder my kan leef nie. Ek mis jou. Ek onthou hoe jy links verby my loer terwyl jy vlugtig om verskoning vra vir iets wat jy dink dalk verkeerd kon verloop. Ek wil weet hoe my môre lyk as jy saam daaraan skilder.

    My tipe mens – dit is wat jy is! Ek lê vanaand en bid vir jou, al is jy soms te lui om jou baard te skeer of jou sokkies in die mandjie te gooi. Ek bid vir voorspoed Skat en liefde sonder ‘best before dates’ want ek wil weer saam jou Jeffrey’s toe gaan om die seemeeue van elke angle gecapture te kry en te wonder hoekom die golwe die sand herhaaldelik kom soek en agterlos by mense wat mens soos ek en jy.

  • Gedigte

    Mens(dom)

    God het die mens uit been en stof geskep met organe, ledemate en ‘n soekende siel.

    Hy het ons instaat gestel om op te bou en so ook te verniel.

    Oral skarrel siele maar is tyd, nie aan die einde van dag die enigste taak?

    God het die mens gemaak met n liggaam wat instaat is om enige god te prys.

    Hy het sy voorwaardes geopenbaar saam met dit wat Hy vereis.

    Dis die bewoners se keuse wat bepaal wie en wat hul (aan)raak.

    Ons – in alle selfskeppende glorie, verdof sonder Sy son en Sy wind

    want God het die mens goed gemaak met denke en innoverende ideale.

    Ons voel Sy hand oor en om ons menigde male.

    Ons kan kies wat ons onder Sy hande staande bring en tot niet maak.

    Sonder om te vergeet dat ons ook later lêplek in die stof gaan vind…