Home

Vir n groot gedeelte van my lewe word ek op n plaas groot waar ek tussen kalfies en baba katjies my eie wêreld in woorde omskep. My ouma, met wie ek die meeste tyd spandeer, leer my pluimbal en klavier speel (met meer sukses op die pluimbalbaan as in die musiekkamer). Ek ontdek my liefde vir letterkunde op hoërskool waar ek aan verskeie gedig- en kunskompetisies deelneem en my digwerk jaarliks gekies is om in die jaarblad te verskyn. Na skool hou ek aan met skryf en smelt saam ander jong letterkunde-liefhebbers om ons taalkuns op sosiale media te publiseer. Soos enige ander kunstenaar wil ek graag my werk die wêreld instuur… Anders as kleurkuns wat op veilings en in gallerye verkoop word en sangkunstenaars wat slegs vir diè optree wat kaartjies koop, is my woordkuns gratis vir jou wat dit hier kom soek – geniet dit! Vandag skryf ek graag soos die dag en dinge my toelaat.